
Elandré nooi jou na sy #Boomhuis
Toe Elandré oornag in Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers se harte geklim het, kon ’n mens nie anders, as om verlief te raak op sy unieke stem, musiekstyl en voorkoms nie.
Dit is glad nie meer ‘n geheim dat sy eerste debuut-album “Kleindorp Dromer” spoedig Goue Status ontvang het nie en steeds op digitale platforms se ranglyste pronk nie.
Sy tweede ateljee-album #BOOMHUIS is gereed om die jong sanger en liedjieskrywer na nuwe en hoër hoogtes te neem. Hierdie album is ’n persoonlike uitnodiging om hom te vergesel in sy Boomhuis, die plek waar jy jouself kan wees en uitbeeld in vryheid. Die album is volgepak met treffers. Die eerste enkelsnit “Vuur Op Die Water” beoog om een van die grootste Afrikaanse treffers te wees van 2019. Die enkelsnit komplimenteer Elandré se unieke styl en beoog om ’n vars en aangename verrasing te bring.