26 April 2019
Skaars klaar met skool en duisende aanhangers dans op die unieke elektroniese klank en styl waarvoor dié musieksensasie bekendheid verwerf het. Kaasliefhebbers’ staan nader, want die dansmusiekkoning, Jan Bloukaas, ruk bos met sy debuut album “LEWE”. Nadat die treffer, Kaas Elke Dag, in 2017 die internet en Suid-Afrikaanse dansvloere kom verower het, het ’n tweede enkelsnit, kykNET en Chill, kort daarna gevolg.
Sy debuut-album, LEWE, is in Mei 2018 vrygestel. Die album bevat vyftien splinternuwe oorspronklike werke deur hierdie talentvolle jong man. Dit is ’n kombinasie van komiese partytjiemusiek, vermeng met ’n tikkie nostalgie en kommentaar oor die lewe en grootword, en beloof om aanhangers en kritici se stoutste verwagtinge te oortref. Die musiek video van die nuwe liedjie DESEMBER is al meer as amper 360 000 keer gekyk op youtube na net 3
maande.
Bloukaas toer die land plat, en kry die partytjie behoorlik aan die gang. Van Varkfees tot by Skool Met Die Beste Gees is Bloukaas die perfekte toevoeging tot jou funksie se sukses. Jan Bloukaas se musiek is vol humor, vernuwend, vars en vermaaklik. Met gerugte dat sy tweede album oppad is, kan aanhangers solank begin uit sien na ‘n nuwe alternatiewe aanslag. Bloukaas gee vir sy aanhangers ‘n voorsmakie met sy nuwe uitgereikte enkelsnit Sterre Brand saam met Janie Bay. Die video het al meer as 10 000 kyke in slegs een week op Youtube gehaal. Bloukaas het die musiekwêreld op sy kop kom draai en die jonger generasies gaande gemaak oor musiek wat kan ruk, maar ook vir homself ’n permanente
plek in die Afrikaans musiekbedryf gevestig.