Dirk van der Westhuizen

Newcastle winter festival

Dirk van der Westhuizen

Dirk van der Westhuizen sal die 25ste April by die winterfees optree . Dirk vertel dat hy graag ’n positiewe gevoel deur sy musiek wil oordra. Verder brei hy uit: “Ek wil graag hê my musiek moet mense net gelukkig laat voel en laat besef dat hulle elkeen uniek en wonderlik is.”

Coleske Artists het ook pas groot nuus met Dirk gedeel, wat hom vir ‘n oomblik sonder woorde gelaat het. Beide albumverkope vir #OnsWilEnOnsKan en Sexy Vi My het pas GOUE status bereik, ‘n verskynsel wat nie meer alledaags in die musiekbedryf is nie. Dirk vertel dat hierdie beslis ‘n groot hoogtepunte in sy loopbaan is. “Dit was harde werk, maar ek het ’n ongelooflike span wat my ondersteun – elke tree van die pad! Alle eer kom God toe,” vertel hy. Vra jy hom uit oor die toekoms antwoord hy: “Om te loop waar God my lei, my lewe en toekoms is in Sy hande.”

Vra jy dieselfde vraag vir sy aanhangers, is hulle van mening dat Dirk net nooit moet ophou sing nie en kry hulle net eenvoudig nie genoeg van hom nie. Vir Dirk is sy aanhangers soos familie en wil hy hulle graag net trots maak en gelukkig laat voel.

Net So (Mmm) is op Dirk van der Westhuizen se nuwe album Sexy Vi My, wat landswyd in musiekwinkels asook op digitale platforms soos iTunes en JOOX, beskikbaar is.

Ondersteun en volg Dirk van der Westhuizen op:
Dirk van der Westhuizen @dirkvdw @dirk_vd_westhuizen @DirkvdWesthuizenVEVO